Ons natuur

Die Naturalliance netwerk word bestuur deur die Internasionale Unie vir die Bewaring van die Natuur (IUCN), om jou te help om goed te lewe. Om goed te lewe moet jy goeie besluite maak, vir jouself en in jou gemeenskap, oor die  voordele en risikos van die natuurlike omgewing. Die IUCN erken en gebruik kennis van 1,400 organisasies, insluitende 90 regerings, en 24,000 kenners om die beste kennis te voorsien vir besluite oor die natuurlike omgewing. 

 
Oorweeg Covid-19 versigtig
15 Jan 2022

Oorweeg asseblief die Covid-19 bedreigings teen jou en die natuur versigtig. Gebruik slegs advies van betroubare organisasies oor hoe jy en jou gemeenskap die siekte kan herken en vermy. Die virus oorleef in die lug en besmet ons deur ons mond, neus en oë. Die mees belangrike advies is dus:

  • bly 2m weg van mense - vermy die lug wat hulle uitasem;
  • dra 'n masker wanneer jy deur baie mense omring word in toe omgewings of in massas;
  • volg reisreëls en raak ingeënt indien moontlik

 

Maatreëls teen toekomstige pandemies moet ook op 'n 'n wyse manier ontwerp word, gebasseer op die beste wetenskap. Nuwe wetgewing moet skade aan landelike lewensbestaan en natuurbewaring voorkom.

 

 

 

 

 

Ons lewe in 'n wêreld wat ernstig beinvloed word deur die mensdom, maar dit was nie altyd die geval nie. Die moderne mensdom het het vir tientalle millenia ontwikkel as klein groepies jagter-versamelaars. Ons voorouers het gejag, visgevang en het plantprodukte bymekaargemaak voor hulle geleer het om plante te kweek en diere mak te maak. Dit het ons spesie gevorm op wyses wat ons nie heeltemal verstaan nie.

 

Rotstekeninge wys dat respek vir diere altyd belangrik was. Deur jag is die eerste natuurreservate gevestig en hengelaars het bymekaargekom om riviere te herstel.  Dierebeskermings organisasies was begin deur mense wat empatie ontwikkel het vir diere wat hulle lewens deel.

 

Deesdae oorheers en beskadig mense die natuur se rykdom. Ons is egter almal afhanklik van die natuur vir die lug wat ons inasem, skoon water en goeie weer om ons oeste te kweek. Baie van ons bly gesond deur ontspanning in die natuur. Ons moet leer om die natuur goed te bestuur, nie alleen vir COVID-19 en die handel in natuurlewe nie. As jy hou van kos uit die natuur, of om net na die natuurlewe te kyk, kan jy ook help om daardie hulpbronne te bewaar.

 

Jagters en mense wat na die natuurlewe kyk werk nie altyd saam nie, maar hulle moet. Konflik herlei die aandag van bedreigings vir almal, soos klimaatsveranderingDie volhoubare gebruik van hulpbronne verskil nie van produkte wat op plase geproduseer word nie, maar is soms beter vir die beskerming van die natuur. Jag, boerdery en ander gebruike van natuurlike hulpbronne kan oplossings wees vir bewaring en die bedreigings van klimaatsverandering. Ons moet saam op oplossings fokus wat gebasseer is op tegnologie wat nuwe lewensbestane vestig en op die natuur self.